Latest News

Joshua’s Story

This is a description of an unknown dilemma Kairos discovered where vulnerable children go to school. Kairos shared the story with OzGeeOm. 

This is a true account as told by Lizelle, a therapist at Kairos Changing Lives

Laas Dinsdag begin die skool en soos elke dag, gaan haal ek ‘n kind uit ‘n klassie vir terapie. Ek begin sommer met die kind waaroor ek die meeste bekommerd is. Joshua (skuilnaam). Joshua is die mooiste 9-jarige seuntjie met die blouste ogies. 

Joshua is al deur baie seer in sy kort lewe. Sy Pa is nie deel van sy wêreld en sy Ma is dwelm verslaaf en word mishandel deur sy stiefpa. Hy en sy sussie bly nou by Ouma en Oupa en armoede is n groot uitdaging.

Ek sien Joshua is besiger as gewoonlik en vroetel konstant. “Hoe was jou vakansie Bokkie?” vra ek. Hy kyk af en mompel “Sleg!“. “Ek is jammer om te hoor maar kan jy dalk vir Tannie sê waarom was die vakansie so sleg?” vra ek. “Tannie, daar was baie bakleiery en nie rerig kos elke dag nie. Ek het die broodjies voorskool en die Tannies van die kos kombuis baie gemis. Tannie-hulle maak lekker kos”. 

“Joshua, wat het julle meestal geëet?” vra ek saggies. “Tannie, Ouma het ’n paar keer koffie gemaak en dan het ons brood in die koffie gedruk..

In die volgende 45 minute speel ons saam en gesels oor die konflik die huis. In die middel van wat ek beskou as ‘n sinvolle gesprek lui die pouse klok. Joshua staan dadelik op. “Sit Bokkie ons gaan eers gou klaar gesels en dan sal ek seker maak jy gaan pouse hou.” Joshua se gesiggie val sommer.

“Tannie ek is honger dit was lang vakansie”. “Tannie kan ek nie asseblief gaan kos kry by die kombuis?” vra hy saggies.

Sy groot hartseer oë ontstel my. “Bokkie, ons kan ander dag verder gesels. Kom Tannie loop saam met jou na die kombuis” antwoord ek. Nog voor ek kan opstaan is hy by die deur “Dankie Tannie! totsiens Tannie!”. Dit is nie nodig dat Tannie saam loop nie !” hoor ek hom skree terwyl hy hardloop.

Ek sit allleen stil in my kantoor en dink oor die nood aan kos. Ek besef weereens hoe swaar vakansies vir ons kinders is. Ek het nie besef watse verskil die broodjies voor skool en die bord kook kos maak wat ons vir kinders by die skool verskaf nie.

Meeste kinders hou van vakansie, maar ons kinders dink anders oor vakansies. Vir hulle is vakansie straf. 

Later die dag gesels ek met ‘n ander seun in dieselfde situasie. Hy vertel my dat hy besluit het om sy maag te leer nie meer honger te word nie. “Tannie ek kan twee dae nie geëet nie en nog okay wees.”

Die vorige vakansie was net 10 dae.  Die Desember vakansie is meer as drie weke! 

My foon lui en die is Yolande van OzGeeOm. Sy vertel dat hulle ‘n kersfees projek wil doen. My oë skiet vol trane en ek sê “Die nood is kos”. As ons in Desember vir die kinders ‘n kersfees kospakkie kan gee sodat hulle nie honger hoef te wees nie en of moet probeer om hulle maag te leer om nie honger te word nie. Ons het 320 kinders wat elke dag honger by die skool opdaag.

Dit is ‘n groot hoeveelheid kinders en dit is vir meer as drie weke. Kairos het ‘n lys gaan opgestel van bestanddele wat mens kan rek en meer voedsaam is. 

Ons kan nie groente en vrugte insluit nie, maar as OzGeeOm kan help met die kospakkies kan ons saam met ander organisasies werk om vars vrugte en groente be bekom. Enige hulp om hierdie nood aan te spreek sal opreg waardeer word.

Lizelle  – Terapeut by Kairos Changing Lives